On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Polisie vind gesteelde vragmotor in Sasolburg

───   08:18 Tue, 30 Dec 2025

Polisie vind gesteelde vragmotor in Sasolburg | News Article
Die vragmotor wat deur Sasolburg se snelwegpolisie teruggevind is. Foto: SAPD

Die polisie het ’n man (33) in Sasolburg in hegtenis geneem vir die besit van ’n vermoedelik gesteelde vragmotor.

Lede van die Fezile Dabi-distrikmunisipaliteit se snelwegpatrollie het Sondag (12/28) omstreeks 21:00 inligting ontvang oor ’n vragmotor wat vermoedelik die vorige dag in Germiston gekaap is. “Die lede het die vragmotor naby Sasolburg se industriële gebied opgespoor en die bestuurder beveel om stil te hou. 

“’n Verdagte is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op die vragmotor,” lui ’n verklaring wat deur die polisie uitgereik is.

Die polisie het beslag gelê op die vragmotor. Foto: SAPD

Die verdagte sal na verwagting binnekort voor die Sasolburg-landdroshof verskyn op aanklagte van besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus mvh


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.