On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Man in Noordwes vas weens 19 bokke op bakkie

───   10:18 Tue, 30 Dec 2025

Man in Noordwes vas weens 19 bokke op bakkie  | News Article
Die polisie van Vryburg het op vermoedelik gesteelde bokke afgekom. Foto: SAPD

’n Man wat Saterdag (12/27) deur die polisie van Vryburg in hegtenis geneem is vir onder meer veediefstal, verskyn weer op 6 Januarie in die landdroshof vir ’n borgtogaansoek.

Die woordvoerder van die polisie in Noordwes, brig. Sabata Mokgwabone, sê Tebogo Kelokilwe (32) is deur lede van Vryburg se sigbare polisiëring in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde voorraad. Die lede was besig met roetine-patrolliediens op die N14 tussen Kuruman en Vryburg toe hulle ’n verdagte wit Toyota Hilux-bakkie opgemerk en voorgekeer het. 

Hulle het die bakkie se agterste groen omslag opgelig en 19 bokke gevind. Die bokke se waarde word op R30 000 bereken.

Foto ter illustrasie: iStock

Kelokilwe kon nie rekenskap gee van die bokke nie en is in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag gelê op die bakkie, die bokke en drie selfone.

Die waarnemende provinsiale kommissaris van Noordwes, genl.-maj. Ryno Naidoo, het die lede geprys vir hul oplettendheid wat tot die inhegtenisneming gelei het. 

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus mvh



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.