On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Upington-aanval: verdagte dan weer voor hof

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:26 Wed, 14 Jan 2026

Upington-aanval: verdagte dan weer voor hof | News Article
Hennie en Debbie Muller. Foto verskaf

Die vermeende aanvaller van ’n bejaarde egpaar op Upington se saak is tot 26 Februarie uitgestel vir ’n moontlike oordrag na die streekhof.

Gilliano Maasdorp (36) het Maandag (12/1) die tweede keer voorgekom in die plaaslike landdroshof. Hy het weer bevestig hy sal nie om borgtog aansoek doen nie

Maasdorp staan tereg op aanklagte wat verband hou met die moord op Hennie Muller (82) op Saterdag 15 November, sowel as die poging tot moord op Muller se vrou, Debbie (72). Hy word ook aangekla van brandstigting, omdat hy na bewering die egpaar se huis aan die brand gesteek het, sowel as diefstal, roof en regsverydeling, sê Henk Opperman, DA-sweep in die Dawid Kruiper- munisipale raad.

Man binnekort in hof ná aanval op bejaarde egpaar in Upington  | News Article

Die brandweer blus die brand by die egpaar se huis. Foto: Anthoney Allen

Met Maasdorp se eerste verskyning op 17 November het inwoners van Upington buite die hof bymekaargekom en ’n klagskrif, onderteken deur honderd mense, aan die landdros oorhandig waarin hulle ’n swaar straf vra en dat borgtog geweier word. Opperman sê hulle is diep geskok deur die moord en voeg by die aanval is simptomaties van ’n groeiende krisis van geweldsmisdaad op die Noord-Kaap se grootste dorp.

Die party veroordeel die wreedheid van die aanval, en sê inwoners kan nie aanhou om in vrees te leef terwyl misdaad handuit ruk nie.

“Ons doen ’n beroep op die polisie en die Dawid Kruiper-munisipaliteit om dringend doeltreffende maatreëls te tref om te verhoed dat sulke verskriklike dade weer plaasvind,” sê Opperman.

Ingryping nodig

AfriForum sê intussen die moord het gelei tot wydverspreide vrees en frustrasie in die gemeenskap. Sterker, sigbaarder polisiëring is noodsaaklik.

As deel van AfriForum se “ankergemeenskapstrategie” – waarvolgens Upington ’n fokusgebied is – sê die organisasie hy sal steeds druk uitoefen om “regte, praktiese” ingrypings om die mense van Upington te help beskerm. Die gemeenskap moet ondersteun word terwyl inwoners probeer om hulself te beskerm teen toenemende vlakke van geweldsmisdaad, sê Thomas van Dalen, Noord-Kaapse streekhoof van AfriForum.

Maasdorp bly in aanhouding.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe  mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.