On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Tiener wat glo 8-jarige vermoor oor vrugte, dan weer in hof

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:04 Tue, 20 Jan 2026

Tiener wat glo 8-jarige vermoor oor vrugte, dan weer in hof | News Article
Naledi Ramaisa is glo vermoor. Foto: Facebook

’n Tiener wat daarvan beskuldig word dat hy ’n meisie vermoor het nadat sy glo perskes gesteel het, moet weer op 6 Maart in die hof verskyn.

Die vermeende moordenaar, wie se naam weerhou word, het Maandag (19/1) in die Senekal-landdros hof verskyn. Hy staan tereg op aanklag van moord en bly intussen in ’n plek van veiligheid.

Naledi Ramaisa (8), wat langs die verdagte in die Tambo-woonbuurt in Matwabeng gewoon het, se liggaam is Vrydag (16/1) gevind in ’n blou 1 000 L-houer in ’n hut langs haar tannie se huis, sê sers. Sinah Mpakane, ’n provinsiale polisiewoordvoerder.

Naledi is Donderdag as vermis aangemeld nadat sy by haar niggie gelos is toe haar tannie omstreeks 07:00 werk toe is. “Toe haar tannie later tuiskom, het haar dogter gesê Naledi het kort nadat sy die huis verlaat het, uitgegaan en nie weer teruggekom nie,” sê Mpakane.

’n Uitgebreide soektog deur haar familie en die gemeenskap was onsuksesvol. Die polisie is daarna in kennis gestel en later is vasgestel dat Naledi glad nie by die skool was nie.

“’n Soekspan het die gebied gefynkam toe die polisie opgemerk het die woonplek langs die tannie se huis bly gesluit,” sê Mpakame. “’n Onwelriekende reuk het om die woning gehang.

“Die polisie het die deur oopgebreek waar Naledi se liggaam in die groot houer versteek was. Sy is op die toneel dood verklaar en deur haar tannie uitgeken.”

Bewusteloos in houer gesit

“Die eienaar van die hut was in Welkom, en haar neef (16) het daar gebly, maar hy was by die skool toe die polisie opdaag. “Die tiener is by die skool gaan haal en vir ondervraging ingeneem.”

Mpakane sê die seun het erken hy het Naledi met ’n klip geslaan toe sy glo perskes gepluk het van ’n boom op die erf waar hy woon. Hy beweer hy het haar na die hut gesleep en in die houer gesit toe hy besef sy is bewusteloos.

Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.