On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes: Buitelander vas wat glo kind probeer ontvoer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:41 Thu, 05 Feb 2026

Noordwes: Buitelander vas wat glo kind probeer ontvoer | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

’n Verdagte kom na verwagting weer Maandag (9/2) in die landdroshof op Zeerust voor nadat hy glo probeer het om ’n minderjarige te ontvoer.

Die Tanzaniër Vitalis Razaro Kisinga (32) se saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Hy het Dinsdag (3/2) sy eerste hofverskyning gemaak op ’n aanklag van ontvoering.

’n Grensbeheerbeamptes was by die Kopfontein-grenspos naby Zeerust aan diens toe Kisinga glo ’n noodreisdokument voorgehou het om die land te verlaat, sê lt. Tinyiko Mathebula, Valke-woordvoerder.

Foto ter illustrasie: iStock

“Kisinga het ’n sesjarige by hom gehad wat hy beweer het sy dogter is. Hoewel die kind se paspoort die regte besonderhede gehad het, was die foto dié van ’n volwasse vrou.”

Hy het beweer dit is die ma van die kind, sê Mathebula. Die beskuldigde is ná ’n deeglike ondersoek in hegtenis geneem en die kind na ’n plek van veiligheid geneem.

Luidens die jongste misdaadsyfers is vir die sesmaandetydperk van Julie tot September bly ontvoeringsgevalle ’n ernstige bron van kommer in verskeie provinsies.

LEES OOK: Noordwes: hulp gesoek ná moontlike ontvoering van vriende

In die Noordwes is 238 ontvoerings aangemeld, ’n toename van 42 gevalle en 21,4%. In die Noord-Kaap is 38 ontvoerings in dieselfde tydperk aangemeld, ’n afname van sewe vergeleke met die vorige kwartaal, maar 179 in die Vrystaat, ’n toename van 39 of 27,9% meer.

Ontvoerings wat spesifiek met lospryse verband hou se syfers is laer, maar steeds kommerwekkend. In die Vrystaat is slegs twee losprysverwante ontvoerings aangemeld, een meer as die vorige kwartaal.

In Noordwes is vyf losprysverwante ontvoerings aangeteken met ses minder gevalle in vergelyking met die vorige tydperk waar gevalle aangemeld was. In die Noord-Kaap is weer net een losprysverwante ontvoering aangemeld.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.