On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Wilgehof-gesin se moordsaak byna afgehandel

───   ZENANDE MPAME 10:20 Thu, 26 Mar 2026

Wilgehof-gesin se moordsaak byna afgehandel | News Article
Saak in moord op Wilgehof-familie amper afgehandel. Foto: Zenande Mpame

Die saak teen twee verdagtes in die moord op ’n gesin van die Bloemfonteinse voorstad Wilgehof word Donderdag (26/3) voortgesit in die plaaslike hooggeregshof.

Die staat sal na verwagting sy saak afsluit. Hofverrigtinge is Maandag uitgestel toe die verdediging se regsverteenwoordiger ongesteld was.

Mpheng Ntsoeu (29) en Katlego Moroe (25) staan tereg op drie aanklagte van moord, een van roof en twee van geldwassery. Hul verhoor is voorheen uitgestel weens onsamehangende opdragte aan hul regsverteenwoordigers.

Die twee word beskuldig van die driedubbele moord op Betsie Kruger (66), eienaar van die Byenes-dagsorgsentrum, haar dogter, Janine (35), en dié se man, Christo Theron (36). Die drie slagoffers is aangetref op Donderdag 29 Junie 2023 in die huis waarin Kruger die sentrum bedryf het.

Hulle is vasgebind, aangerand, van verskeie artikels beroof en om die lewe gebring. Ten tyde van die wrede moorde het Kruger 60 kleuters in haar sorg gehad.

Ntsoeu het voorheen vir Kruger gewerk, maar sy is ontslaan nadat sy glo ’n kleuter sleg behandel het. Ná die voorval is geld uit haar voormalige werkgewer se rekening oorgeplaas na Ntsoeu s’n. ’n Bankstaat toon R77 900 is na haar rekening oorbetaal en R69 480 na Moroe s’n.

Selfoontorings het die twee verdagtes met die moord verbind. MTB-werknemers sal na verwagting getuig oor Ntseou se bewegings op die dag van die moord.

Tydens ’n vorige hofverskyning het dr. Naas Ferreira, senior staatspatoloog, getuig hy het ’n nadoodse ondersoek op Janine uitgevoer. Haar moordenaars het haar op verskeie manier om die lewe probeer bring.

Sy is vasgehou, gesmoor, gewurg en toe met ’n onbekende voorwerp oor die kop geslaan. Christo is ook oor die kop geslaan en toe verwurg, nes sy skoonma.

WhatsApp-boodskaplpe is die Woensdag van Janine se foon af aan werknemers gestuur om nie werk toe te kom nie. Ouers is ook in kennis gestel dat Byenes die Donderdagoggend gesluit sou wees en hulle dus nie hul kinders daarheen moes bring nie.

OFM News/Zenande Mpame

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuuslyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.