On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

4,8 ton nartjies gee Sasolburg-Voortrekkers byt

───   REFILWE BEKANE 14:00 Mon, 18 May 2026

4,8 ton nartjies gee Sasolburg-Voortrekkers byt | News Article
Die Voortrekkers op Sasolburg het nie minder nie as 4,8 t nartjies ingesamel. Foto: Die Voortrekkers Sasolburg

Die Voortrekkers op Sasolburg het nie minder nie as 4,8 t nartjies ingesamel vir hul geldinsamelingsprojek.

Die insameling vind jaarliks in en om die dorp plaas. Saterdag (16/5) was daar weer ’n geleentheid. Maandag (18/5) om 18:00 kom lede byeen by Brillstraat 20 om die vrugte te verpak.

Tot dusver is meer as 2 000 sakkies vir verspreiding voorberei. Ongeveer 1 800 is reeds verkoop en 500 is nog beskikbaar.

“Die Voortrekkers is gevestig op Christelike waardes en skep geleenthede om Christelike waardes (uit te leef),” sê Chirna Kruger, leier van die Sasolburgse Voortrekkers.

Vrywilligers het die grootmaatvoorraad met private bakkies en sleepwaens gaan haal om verpak te word. Jeuglede verdeel dit in sakkies om bestellings te kan aflewer en ook om aan die publiek te verkoop.

Hierdie is die organisasie se hoofinsameling en die opbrengs is geoormerk vir die instandhouding van die Voortrekkerterrein, die finansiering van opvoedkundige kampe en om gereelde aktiwiteite vir die lede te betaal.

Ongeveer 1 800 naartjies is reeds verkoop en 500 is nog beskikbaar. Foto: Die Voortrekkers Sasolburg

Die organisasie bied opleiding aan oor die land se geskiedenis, Afrikaanse kultuur, lewensvaardighede en dissipline deur ’n gestruktureerde kombinasie van kultuur, avontuur en die natuur.

Die plaaslike tak bestaan uit ongeveer 70 aktiewe lede wat tussen vier en 85 jaar oud is. Verskeie generasies van dieselfde familie kan dus saam aan programme deelneem.

Lederegistrasie vir vanjaar kan nog geskied tot 31 Mei. Nuwe lede kan by die weeklikse programme en komende somerskamp aansluit.

Die opbrengs van die vrugteverkope verseker dat die eiendomme funksioneel bly, terwyl dit ook die individuele koste verminder vir jeuglede wat die provinsiale leierskapkampe bywoon, sê Kruger.

Inwoners kan die streekskantoor kontak om nartjies te koop of navraag te doen oor die weeklikse vergaderings op die Sasolburg-terrein.

OFM Nuus/Refilwe Bekane dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.