On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie gereed vir veilige verkiesing

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:23 Mon, 02 Nov 2026

Noord-Kaapse polisie gereed vir veilige verkiesing | News Article
Die Noord-Kaapse polisie is reg vir die verkiesing. Foto verskaf

Die polisie en veiligheidsdienste in die Noord-Kaap is gereed om Woensdag (4/11) ’n vreedsame en veilige verkiesing te verseker.

Die provinsiale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur het omvattende veiligheidsbeplanning, intelligensie-insameling en risiko-ontledings gedoen. Veiligheidsdienste is op ’n hoë gereedheidsgrondslag en sal oor die provinsie heen ontplooi word om kiesers, stemlokale, verkiesingspersoneel en verkiesingsmateriaal te beskerm, sê brig. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder.

Die geïntegreerde veiligheidsplan onder leiding van lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris, dek al vyf distrikte en sluit verhoogde polisiesigbaarheid, misdaadvoorkomingsoperasies, vinnige reaksievermoë en deurlopende monitering van brandpunte in.

Ontplooiings sal voortdurend hersien en aangepas word namate nuwe bedreigings of bedryfsbehoeftes ontstaan. “Die polisie en sy veiligheidsvennote bly verbind tot die beskerming van lewens en eiendom, die handhawing van wet en orde en die versekering dat kiesers hul demokratiese regte vry en sonder intimidasie kan uitoefen,” sê Otola.

Oortreders sal sonder partydigheid en binne die raamwerk van die wet hanteer word, ongeag hul politieke verbintenis. Foto verskaf

Die polisie sal nou saamwerk met die OVK, die weermag, verkeersafdelings, munisipale wetstoepassers, die NVG en ander rolspelers om inligting te deel en vinnig op voorvalle te reageer.

Die gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur waarsku dat geweld, intimidasie, dreigemente, aanhitsing, beskadiging van eiendom en die ontwrigting van wettige politieke aktiwiteite nie geduld sal word nie. Oortreders sal sonder partydigheid en binne die raamwerk van die wet hanteer word, ongeag hul politieke verbintenis.

Politieke partye, onafhanklike kandidate, ondersteuners en gemeenskapsleiers word versoek om verdraagsaamheid te bevorder en ander se regte en standpunte te respekteer. Inwoners word aangemoedig om vreedsaam te stem en hulle nie tot onwettige optrede te laat uitlok nie.

Otola sê enige verdagte aktiwiteite, dreigemente of verkiesingsverwante misdade moet onmiddellik by die naaste polisiekantoor aangemeld word. “Ons waarsku die publiek om nie ongeverifieerde inligting, uitdagende boodskappe of misleidende inhoud op sosiale media te versprei nie, aangesien dit spanning en paniek kan veroorsaak.”

Veiligheidsdienste sal deur die verkiesingstydperk waaksaam bly en hul grondwetlike verantwoordelikhede nakom. Alle Noord-Kapenaars word gevra om verdraagsaamheid, eenheid en verantwoordelike burgerskap te toon sodat die verkiesing vreedsaam en veilig kan verloop.

OFM Nuus sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.