Cricket
Highveld Lions wen Chennai Super Kings in naelbyt T20 Kampioene Liga stryd─── 21:57 Tue, 16 Oct 2012

T20 KAMPIOENE LIGA, Highveld Lions wen Chennai Super Kings met ses paaltjies
Xander Snyders
Highveld Lions het hul tweede T20 Kampioene Liga stryd teen die kitskrieket reuse Chennai Super Kings in ‘n naelbyt stryd gewen met ses paaltjies op Sahara Park, Newlands. Die Lions het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen, Mckenzie het die besluit geneem omdat die Lions ‘n telling goed kan jaag. Die Super Kings het ‘n kompeterende 158/6 aangeteken in hul 20 beurte. Faf du Plessis (25,20b) en Vijay(22,25b) het die bal die veld vol geslaan met ‘n blitsige 44 openings vennootskap. MS Dhoni (34,26b) en Badrinath (27,14b) het met ‘n eind poging 50 vennootskap die Super Kings aan gehelp tot ‘n kompeterende 158/6. Phangiso 2/17 was die beste bouler vir die Lions. Hy is ook as die man van die wedstryd aangewys met sy uitstekende boul sessie en ‘n briljante vangskoot om Faf Du Plessis terug kleed kamer toe te stuur.
Bodi (64,46b) het ‘n goeie begin verseker vir die Lions en die ervare Niel Mckenzie(32,34b) het die anker rol gespeel, Symes het afgesluit met ‘n waardevolle 39 lopies van 23 balle en so ook die wen telling geslaan met drie balle oor. Dit was ‘n belangrike wen vir die Highveld Lions wat nou tweede op die punte leer is van Groep B onder die Sydney Sixers wat ‘n beter netto lopie tempo het as die Lions. Dit was die Chennai super Kings se tweede verloor wat hul die semi finale kan kos.