On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

General

Kommer oor verspreiding van bek-en-klouseer-virus in Limpopo

───   14:08 Tue, 26 Nov 2019

Kommer oor verspreiding van bek-en-klouseer-virus in Limpopo | News Article

Die Vryheidsfront Plus is bekommerd oor die bevestiging van nog voorvalle van bek-en-klouseer in die provinsie aangesien dit ‘n baie ernstige impak op die vleis- en landboubedryf vir opkomende en gevestigde boere kan inhou.


Die party het ‘n skrywe aan die LUR vir Landbou in Limpopo, Nandi Ndalan, gerig en ‘n dringende vergadering gevra om die uitbreking in die provinsie te bespreek en oplossings te vind.

Indien veilings in die provinsie as voorkomende maatreël afgeskaf word, sal dit ‘n baie negatiewe impak op die landbousektor hê.

VF Plus se Marcelle Maritz sê die departement moet so gou as moontlik gebiede in die provinsie identifiseer waarbinne veilings steeds kan plaasvind, om sodoende te verseker dat die boere en die ekonomie van die provinsie nie finaal geknak word nie.

Maritz sê hulle sal boere langs die grens van die Nasionale Kruger-wildtuin besoek om heinings na te gaan, wat dan herstel moet word om die verdere verspreiding van die virussiekte te voorkom.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.