General
Vandag in die Nuus: 7 September 2022─── 19:07 Wed, 07 Sep 2022
Hierdie is van jou hoofstories vandag, 7 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.
’n Vrou van Gqeberha is 15 jaar tronkstraf opgelê nadat sy haar werkgewer met meer as R2,4 miljoen rand bedrieg het. Die vier-en-veertigjarige Linda Labuschagne is in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof gevonnis.
Kwessies rondom geslag en diversiteit moet in die skool-kurrikulum omvat word. Dit is luidens die Hoof van die Departement Maatskaplike werk aan die Universiteit van die Vrystaat, Mpumelelo Ncube. Hy voeg by die afknouery van kinders - veral transgender leerders in skole - tot ‘n einde sal kom sodra daar meer skoolmaatskaplike werkers aangestel word. Ncube sê 'n ander rede waarom skole maatskaplike werkers moet hê is om die skoolbevolking en die onderwysers in te lig oor hoe om transgender leerders te hanteer.
Die vermoedelike meesterbrein in 'n kriminele saak waarby 87 onwettige mynwerkers betrokke is, is tot die klagstaat gevoeg.
NVG-streekwoordvoerder, Henry Mamothame, sê Thethile Boyce is nou die 88ste verdagte.
Die sogenaamde zama-zamas is in Orkney naby Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem ná 'n skietgeveg met die polisie.
Die Mmabana-kliniek in Bloemfontein het weer sy deure vir die publiek oopgemaak, nadat die gebou deur die departement van arbeid gesluit was omdat sekere veiligheidsregulasies glo nie nagekom was nie.
Mondli Mvambi, provinsiale gesondheidswoordvoerder, hou egter vol daar was instandhoudingswerk by die kliniek gedoen en dat die fasiliteit nooit gesluit was nie.
LUISTER:
