On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

General

Hou kroos gesond(er) dié winter

───   08:00 Thu, 11 May 2023

Hou kroos gesond(er) dié winter | News Article
FOTO: Unsplash/Vitolda Klein

Kuiers voor kaggels, tuisgemaakte sop en brood en dik wolkomberse voor die televisie is ’n groot lekkerte van die winter.

Maar ongelukkig gaan aanhoudende hoesbuie, seer kele, lyfseer, koors en baie siektes ook gepaard met dié seisoen. En vir ouers, veral met jonger kinders, kan dit baie moeilik wees om hul kinders in die winter gesond te probeer hou.

OFM het met dr. Elmarie Murphy, ’n Bloemfonteinse pediater van die Murphy Kid’s Clinic, gepraat oor waarom kinders in die wintermaande so siek word en of daar enige wenke is om kinders gesonder te hou.

“Kinders word siek weens ’n virale of bakteriële infeksie. In die winter is ons geneig om die vensters en deure toe te hou. Kinders word ook nie dikwels toegelaat om vrylik buite te speel nie,” sê sy. Dit beteken dan wanneer mense hoes of nies word die virusse en bakteriëe in die lug vrygestel en ons asem dit in.

“Omdat ons meer in mekaar se gesig leef is ons meer geneig om infeksies te kry. Soveel te meer in kleuterskole waar kinders nie kan buite speel nie, vensters nie oopgemaak word nie en kinders nog mekaar se speelgoed deel en in hul mond sit.” Murphy sê respiratoriese virusse en bakterieë word hoofsaaklik deur middel van druppels versprei, soos wanneer ons hoes en nies en dan speelgoed waarop gespoeg is.

Die goeie nuus is dat ’n mens met goeie en gesonde eetgewoontes ’n bietjie van die winter-uitdagings kan probeer afweer. Multivitamiene wat yster, sink en selenium bevat kan ook geneem word om die griepvirusse te beveg. Selenium is 'n noodsaaklike spoorelement in proteïenryke kosse, soos rooivleis, seekos en neute.

Murphy sê die enigste ding wat egter regtig ’n verskil maak, is om jou kinders se blootstelling aan virusse en bakterieë te probeer beperk.

Of griepinspuitings aanbeveel word, sê Murphy beslis ja.

“Dit is egter belangrik om te onthou dat griepinspuitings net teen die influensavirusse beskerm. Influensa kan egter baie gevaarlik wees in jong kinders, wie se immunstelsels nog aan die ontwikkel is.”

Dit is ook altyd raadsaam om jou dokter te raadpleeg indien jy oor jou kind se gesondheid bekommerd is.

OFM Nuus/Karen van der Berg

OFM Nuus het 'n splinternuwe Facebook-blad nadat boosdoeners ons ou blad gekaap het. Besoek https://bit.ly/OFMnuusFACEBOOK om op die hoogte van nuusgebeure in Sentraal-Suid-Afrika, die res van die land en wêreld te bly.



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.