On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

General

Meta wil só help om tieners teen seksuele uitbuiting te beskerm

───   10:53 Mon, 12 Feb 2024

Meta wil só help om tieners teen seksuele uitbuiting te beskerm | News Article

“Om ‘Take it Down’ in 25 tale beskikbaar te stel, is ’n deurslaggewende stap om kinders te beskerm teen die gruwels van aanlyn uitbuiting oor die wêreld heen.”

Seksuele uitbuiting (bekend as “sextortion”) is wanneer ’n oortreder eise aan ’n gebruiker stel, met dreigemente om persoonlike inligting of privaat foto’s aan die algemene publiek te versprei.

Die sosialemediaplatform van die tegnologiereus Meta, bekend as Facebook, het twee inisiatiewe aangekondig wat verband hou met tienerveiligheid, wat daarop gemik is om ouers, opvoeders en tieners toe te rus met inligting wat hulle nodig het om hulle teen persoonlike, intieme uitbuiting te beskerm.

“Om ’n persoonlike, intieme foto met ander te deel, kan verwoestend wees. Dit voel selfs erger as iemand dreig om dit te deel, tensy jy hulle van meer foto’s voorsien, aan seksuele kontak deelneem, of hulle betaal – ’n misdaad wat bekend staan as seksuele uitbuiting.”

Inisiatiewe

Meta en die National Centre for Missing & Exploited Children (NCMEC) het die nuwe opsie van “Take It Down” aangekondig. Hierdie program help tieners om beheer oor hul intieme inligting terug te neem en help om te verhoed dat dit aanlyn gedeel word. Die maatskappy het ook met Thorn saamgewerk om opgedateerde leiding vir tieners, ouers en onderwysers te ontwikkel oor hoe om sulke situasies te voorkom en te hanteer.

Meta het ’n wêreldwye veldtog van stapel gestuur om te help om die bewustheid oor hierdie swendelaars te verhoog, en ook wat mense kan doen om hulle te vermy. Hulle werk ook nou saam met veiligheidsorganisasies wêreldwyd, insluitend Missing Children South Africa, Media Monitoring Africa en Digify Africa.

Daar is ook saamgespan met Naledi Mallela, Nandi Khubone en Melanie Bala om te help om bewustheid van die “Take It Down”-program onder tieners en ouers in Suid-Afrika te verhoog.

“Dit bou voort op ander pogings van Meta om tieners teen ongewenste kontak te help beskerm – insluitend die onlangse aankondiging dat slegs mense wat hulle reeds volg of met hulle bevriend is, vir tieners jonger as 16 (en jonger as 18 in sekere lande) ’n boodskap kan stuur,” sê Meta.

“Haal dit af”/“Take It Down”

Daar is verskeie maniere waarop mense Take It Down kan gebruik om intieme foto's te vind en te verwyder, of te help voorkom dat mense dit in die eerste plek versprei.

Om die proses te begin, kan tieners jonger as 18, wat bekommerd is dat hul inhoud aanlyn geplaas is, of dalk word, na TakeItDown.NCMEC.org gaan en die instruksies volg om ’n unieke kode vanaf hul toestel te kry – ’n digitale vingerafdruk in die vorm van ’n numeriese kode.

Tieners hoef net dié kode te stuur, eerder as die intieme foto of video self. Sodra die kode by NCMEC ingedien is, kan maatskappye soos Meta kopieë van die foto's vind, dit afhaal en help om enigiemand wat hulle dreig te verhoed om dit in die toekoms te plaas.

Beskikbaarheid

"Om ‘Take it Down’ in 25 tale beskikbaar te stel, is ’n deurslaggewende stap om kinders te beskerm teen die gruwels van aanlyn uitbuiting oor die wêreld heen," sê John Shehan, senior visepresident van NCMEC.

“Ons streef daarna om te verseker elke kind, ongeag taal of ligging, die geleentheid het om hul waardigheid en privaatheid te herwin deur hul onwettige inhoud van deelnemende platforms te verwyder.”

Meta sê die opdaterings bou voort op die werk wat hy reeds doen om jongmense te help weet daar is stappe wat hulle kan doen as iemand hul intieme foto's gedeel het, of dreig om te deel.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.