On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Ashmund
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Health

Kansa se teleberadingsdiens bied ondersteuning aan almal wat deur kanker geraak word

───   09:00 Fri, 05 Jun 2026

Kansa se teleberadingsdiens bied ondersteuning aan almal wat deur kanker geraak word | News Article
Kansa vier vanjaar reeds 95 jaar van onbaatsugtige diens. Foto verskaf

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) vier in 2026 reeds 95 jaar van onbaatsugtige diens.

Junie is die maand waarin daar jaarliks wêreldwyd gefokus word op die impak van kanker op pasiënte en hul naasbestaandes. Dikwels het hierdie mense net iemand nodig met wie hulle openhartig oor hul ervarings kan praat. 

Olivia Curlewis, diensspesialis by Kansa, het onlangs by Yolanda Maartens in OFM Familie Fokus aangesluit om meer te vertel oor hoe Kansa se teleberadingsdiens werk. Belangstellendes word aangemoedig om die hulplyn by 0800226622 te skakel vir hulp.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika bied deur sy tele- en virtuele beradingsdiens waardevolle emosionele ondersteuning aan enigeen wat deur kanker geraak word. Hierdie gratis en vertroulike diens is beskikbaar vir kankerpasiënte, oorwinnaars, versorgers en families regoor Suid-Afrika.

’n Kankerdiagnose bring dikwels vrees, angs en isolasie mee. 

Volgens Gretchen Minnaar, Kansa se dienstebestuurder vir psigososiale ondersteuning, is emosionele onderskraging ’n noodsaaklike deel van die genesingsproses. “Deur tele- en virtuele berading wil Kansa hoop en ’n veilige ruimte bied waar mense emosioneel versterk kan word,” sê sy.

Foto verskaf

Die diens maak dit moontlik vir mense om professionele ondersteuning in die gemak van hul eie huis te ontvang. Dit is veral waardevol vir diegene wat ver van ondersteuningsdienste woon of nie persoonlik sessies kan bywoon nie. 

Berading word deur opgeleide professionele persone aangebied en is beskikbaar in verskeie tale, insluitend Afrikaans, Engels, isiXhosa, isiZulu, siSwati, Sesotho, Setswana, Sepedi en Xitsonga. 

Kansa beklemtoon dat niemand hierdie pad alleen hoef te stap nie en moedig enige persoon wat ondersteuning benodig aan om hulp te vra. 

Vir meer inligting, besoek die Kansa-webwerf of skakel die tolvrye Kansa Hulptoonbank by 0800 22 6622. mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.