Human Interest
Uitvindsels het medici aan die gons─── 16:19 Wed, 31 Oct 2012

Cleveland – Heelwat innoverende tegnologie het dié jaar op die Cleveland-kliniek in Ohio se lys van die toptien- mediese uitvindsels vir 2013 gepryk.
Van die opwindendste produkte sluit in ‘n toestel so groot soos ‘n amandel wat in ‘n pasiënt se mond gesit word om van hoofpyne ontslae raak, sowel as ‘n skandeerder wat velkanker kan opspoor.
Die kliniek se lys van die beste mediese nuwighede, wat deur 'n paneel kenners gekies word, het dié jaar ook nuwe medikasie vir prostaatkanker en beter mammografie-tegnologie ingesluit.
Bo-aan die lys van die beste mediese nuwighede is egter ‘n ou prosedure wat nuwe lewe gekry het danksy die bevindings van 'n onlangse studie. Navorsers het gewigsverlies-chirurgie as die beste innovasie gekies – nie vir die gewigsverlies wat dit meebring nie, maar vir die manier waarop dié operasie help om Tipe 2-diabetes te beheer.
Chirurge het oor die jare besef dat die prosedure mense met Tipe 2-diabetes soms heeltemal genees – selfs voor hulle nog die hospitaal verlaat.
Meer as 20 miljoen Amerikaners het diabetes. Die aantal mense wat deur Tipe 2-diabetes geraak word het die afgelope 30 jaar verdriedubbel.
Die hoofpyn-toestel, wat by die Cleveland-kliniek geskep is, word in die boonste tandvleis geplant en help dan om hoofpyne te verlig.
Reuters