On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Inspiration

Muise kry tweede kans ná reddingspoging

───   18:26 Wed, 05 Oct 2022

Muise kry tweede kans ná reddingspoging | News Article
Een van die muise wat uit die val bevry is (FOTO: Nathan Winograd)

’n Man van Kalifornië in die Verenigde State van Amerika, het twee muise van ’n gewisse dood gered en vrygelaat in die woud agter sy huis.

Nathan Winograd, ’n joernalis en diere aktivis, vertel hy was besig om met sy hond te stap toe hy vyf muise, wat in ’n sogenaamde gom lokval verstrengel was, aangetref het.

Twee was reeds dood en die ander drie was in ’n bedenklike toestand.

Hy’t sy vrou geskakel om hom met hul motor te kom optel sodat hy na die knaagdiertjies kon omsien.

Een muis het kort nadat Winograd die oproep gemaak het, egter gevrek.

Die egpaar het die oorblywende twee muise water in ’n bakkie gevoer terwyl hulle met mielieblom en kookolie probeer het om die muise uit die gomval te bevry.

Teen die aand was die muise gomvry en het selfs ’n bietjie geëet.

Die volgende oggend was die diertjies nog erg ontstig en die paar het besluit om nog ’n aantaal dae na hulle om te sien voor hulle weer in die natuur vrygelaat is.

Winograd het selfs vir die twee ’n skuiling geskep en ’n bietjie kos gelos om te eet.

Hy deel verder raad oor wat om eerder te doen as daar ’n muis in die huis is.

 “Maak alle gate toe waar die peste moontlik die woning kan binnekom met kopernet en spuitskuim. Daar is ook draadhokkies wat die ierjies met kos en water lok waarin hulle vasgevang word, maar weer later in die natuur vrygelaat kan word.”

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.