On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Inspiration

Living Limitless: Vicki Fourie bring hoop met haar pen vir ander dowes

───   08:47 Wed, 25 Jan 2023

Living Limitless: Vicki Fourie bring hoop met haar pen vir ander dowes | News Article

Alhoewel Vicki Fourie 97% gehoorverlies het, staan dit nie in haar pad nie. Sy gebruik die platform wat sy as Miss Deaf SA verwerf het om 'n verskil te maak en het al twee boeke vrygestel.

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met die oud-Bloemfonteiner oor haar boeke, Viva la Vicki (Afrikaanse memoires) en God Lief My (Afrikaanse oordenking – vir tieners) asook wat haar planne is vir die nuwe jaar.

In 2013 en 2015 het Vicki kogleêre inplantings gehad, en dit het haar lewe dramaties verander deur haar gehoor tot 80% te verhoog. Van 2009 tot nou het Vicki meer as 170 motiveringspraatjies regoor Suid-Afrika gedoen. Sy het ook aan die Miss Deaf International-kompetisie in 2010 in Las Vegas deelgeneem en tweede gekom. Sy het Suid-Afrika ook by die Miss Deaf World 2011 verteenwoordig.

In Februarie 2022 het Vicki JSSM (Jeffrey’s Bay School of Supernatural Ministry) in Jeffreysbaai bekend gestel.

Vicki het onlangs The Creative Community in Jeffreysbaai bekendgestel, en die eerste kreatiewe skryfklasse sal in Julie 2023 plaasvind.

Om meer uit te vind besoek haar webtuiste vickifourie.com

Een keer n maand in die OFM Familie Fokus maak ons kontak met organisasies wat werk met mense en kinders wat met gestremdhede in ons streek leef. As jy weet van so 'n organisasie in Sentraal SA kontak Yolanda via e-pos yolandam@ofm.co.za

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.