On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday: Vrou red hond met hartseer oë soos hare

───   15:22 Fri, 05 May 2023

Feel Good Friday: Vrou red hond met hartseer oë soos hare | News Article
Uitgestalde beeld: foxnews.com

Die volgende oggend het sy die Instagram-boodskap gekry: "Die hond word oor 30 minute van kant gemaak, kan jy hom gaan red?"

’n Vrou van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië het een aand op haar selfoon afgekom op ’n desperate pleidooi om ’n hond se lewe te red.


Trish Bauer van San Bernardino is bekend daarvoor dat sy gereeld troeteldiere aanneem en versorg.


Haar dogter het kanker oorwin, maar dit het vier jaar geneem voordat haar immuunstelsel ten volle herstel het. Bauer het aan Fox New Digital gesê in dié tydperk kon haar dogter nie naby enige diere kom nie.  

Die Bauers het die afgelope vier jaar meer as 250 katte gered, wat in die intensiewe eenheid was en met bottels gevoer moes word.

Bauer sê sy het nog altyd ’n voorliefde vir katte gehad, maar was baie bang vir honde. In Februarie 2022 is haar dogter doodgebore en van daardie oomblik het talle diere ’n tuiste by die Bauer-gesin gekry. Hulle het as metgeselle vir die hartseer gesin gedien.

Lees ook: Wiek "Batista" Roets op The Joyride

“Die gedagte aan my oorlede dogter help my om oor my vrese te kom, want as ek dit kan oorkom sal dit help met die pyn en verlies ná haar dood,” sê Bauer.


Sy het ’n paar maande na die tragedie op Instagram ’n video van ’n Duitse herdershond gesien met die woorde daarby: "Ek sterf môre in hierdie koue eensame kamer."

Sy was dadelik geheg aan die hond, iets wat sy nog nooit voorheen beleef het nie.

"Sy oë … het soos myne gelyk. Dit is asof ons dieselfde pyn beleef het,” sê sy.


Hoewel daar honderde inskrywings was het sy besluit om ook iets te skryf. Sy het vrywillig aangebied om die hond vir 24 uur vas te hou as niemand hom wil hê nie. Die volgende oggend het sy die Instagram-boodskap gekry: "Hy word oor 30 minute van kant gemaak, kan jy hom gaan red?"

Lees meer hier:  https://www.foxnews.com/lifestyle/senior-dog-california-verge-being-euthanized-adopted-beats-cancer


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.