On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Inspiration

Bloemfonteinse skrywer oor ‘die ware betekenis van blydskap’

───   ELSABÉ DE JAGER 12:47 Wed, 24 May 2023

Bloemfonteinse skrywer oor ‘die ware betekenis van blydskap’ | News Article

“’n Mens hoef nie Japan toe te gaan om jou Zen te vind nie,” meen Bloemfontein se blydskapskrywer.

In ’n artikel in die jongste uitgawe van die tydskrif Lig verwys Johannes de Villiers na ’n paar mense vir wie die son ’n wyle weggedraai het. Hy dink aan ene Ronell, wat haar been as 17-jarige in ’n gru-ongeluk verloor het.

Hy vertel van ’n ma wat haar kind ná ’n haaiaanval moes groet. Hy skryf oor ’n pa van Bloemfontein wat ná ’n breinbesering steeds vir sy gesin moet sorg.

‘Blydskap loop nie altyd hand aan hand met vrolikheid nie’

De Villiers sê hy het voor sy gesprekke verwag om “mense met hol oë en ’n gekromde rug” aan te tref. Groot was sy verbasing oor hul blymoedigheid en die hoop wat hulle uitstraal.

Blydskap loop nie altyd hand aan hand met vrolikheid nie. Dit beteken om tuis te kom in jou eie lewe en jou lewe te aanvaar soos wat dit is, verduidelik die skrywer.


’n Deurlopende boodskap in sy jongste boek, Meer as jou seerkry, is dat ons ergste pyn ook ons eie transformasie, ons posttraumatiese groei kan wees.

Gevra oor die reaksie van mense op ander se swaarkry, sê De Villiers dit kan tweërlei van aard wees. Mense ignoreer die swaarkry van ander, of hulle luister daarna. Om te luister kan ook genesend vir jou eie swaarkry wees.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.