Inspiration
Leer jou kinders om reg met geld te werk─── 06:26 Thu, 15 Jun 2023

Die Good Morning Breakfast span gesels met finansiële bestuurder, besigheids eienaar en pa van twee kinders, Zane Orton, om by hom te hoor hoe jy as ouer die verantwoordelikheid moet vat en jou kinders oor finansies leer.
Omdat jou eie finansiële bestuurstyl jou kinders gedurende hul hele lewe sal beïnvloed, is die beste metode vir kinders om uitstekende finansiële gewoontes te ontwikkel deur hul ouers dop te hou. Jy kan jou kinders voorberei op 'n toekoms van finansiële vryheid deur hulle te leer om te begroot en gedissiplineerd te wees as hulle spaar vir die dinge wat hulle wil hê.
LEES OOK: Jaco Peyper gesels Wêreldbeker op Good Morning Breakfast Show
Luister na die volledige onderhoud hier: