On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday – Vermiste 2-jarige gevind waar sy rustig slaap

───   15:18 Fri, 29 Sep 2023

Feel Good Friday – Vermiste 2-jarige gevind waar sy rustig slaap  | News Article
Beeldkrediet: goodnewsnetwork.org

“Dit was daai nag 15 °C en hulle het haar eers ná ’n soektog van vier uur gekry. Sy en die honde het byna 5 km ver in die woud geloop.”

Die tweejarige Thea Chase het Woensdag kaalvoet gespeel by haar huis in Faithorn in die Amerikaanse deelstaat Michigan. Haar oom het haar gevra om haar skoene te gaan aantrek.
Haar ma, Brooke, sê Thea het die gewoonte om altyd te gaan kyk waar hulle twee honde, Buddy en Hartley, is.

Hulle het skielik besef sy is nêrens en het na haar in die woud om die huis begin soek. Ná ’n kwartier het hulle die polisie en haar pa gebel. “Wanneer ons so ’n oproep kry los ons dadelik alles,” het Mark Giannunzio, polisiewoordvoerder aan CNN gesê.

Lees ook: Weird Wide Web - Jedi-truuk om geld te verdubbel

Die polisie in die plattelandse dorp het dadelik die hulp van die honde-eenheid, hommeltuie en ander reddingswerkers ingeroep. Omstreeks middernag het ’n vriend van die familie vir Buddy gesien en die hond het onmiddellik begin blaf.

Die meisie het rustig gelê en slaap met haar kop op Hartley se lyf. Toe hy haar wou wakker maak het Hartley begin grom. Brooke sê sy draai die honde behoorlik om haar pinkie. “Dit was daai nag 15 °C en hulle het haar eers ná ’n soektog van vier uur gekry. Sy en die honde het byna 5 km in die woud geloop.” Sy het ook nooit haar skoene aangetrek nie. 

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.