Offbeat
Weird Wide Web - Jedi-truuk om geld te verdubbel─── 15:43 Thu, 28 Sep 2023
Die Jedi-truuk word op TikTok deur @citzenscientist verduidelik.
Met die stygende lewenskoste wil ons almal ekstra geld verdien. As jy in die gasvryheidsbedryf werk is dié wenk beslis vir jou. ’n Inhoudskepper sê jy kan sielkunde gebruik om jou fooi te verdubbel.
Die taktiek word ook deur die FBI gebruik en dié federale speurdiens in Amerika beskryf dit as ’n regte Jedi-truuk om jou brein te “flous”. Op TikTok verduidelik @citzenscientist, ook bekend as Dillon Brooks, die metode.
Hy sê ’n kelnerin wou graag haar fooitjies verdubbel en het met ’n eksperiment begin. Sy het tydens haar skof twee sielkundige metodes gebruik – positiewe versterking en spieëlbeeld.
Positiewe versterking is wanneer jy gedrag beloon met aanmoediging of belonings. Byvoorbeeld sy sal vrolik sê'goeie keuse' of 'geen probleem' nie om te bewys dat sy gretig is om die klante te bedien.
Spieëlbeeld beteken jy doen presies dieselfde as die klant hetsy deur gebare of taal. Al wat sy hoef te doen is om positief die klant se bestelling te herhaal. Dit het haar footjies met 70% laat styg.
Brooks sê FBI-agente gebruik die Jedi-truuk omdat dit ’n vinnige manier is om met mense te kliek. “Deur te herhaal wat iemand sê beklemtoon jy iemand se behoefte om met ander te verbind,” sê Brooks. Jy wen hul vertroue en dit lei tot ’n gevoel van geborgenheid. Die TikTok-video is al meer as 591 000 gekyk en in die kommentaar het mense laat weet hulle is of verbaas of geskok.
