On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday – Mowgli word gered deur Daisy!

───   15:20 Fri, 17 Nov 2023

Feel Good Friday – Mowgli word gered deur Daisy! | News Article

'n Hond se skerp reuksintuig het 'n inwoner van Cornwall na 'n mynskag gelei waar haar kat Mowgli was.

Michele Rose, die kat Mowgli se eienaar, het aan die BBC gesê sy het amper moed opgegee om haar vermiste troeteldier te vind. Rose het byna ’n jaar gelede vir Mowgli en nog ’n kat Baloo  aangeneem en hulle geleidelik aan Daisy voorgestel. Daisy was later baie beskermend teenoor die katte. 

Die BBC berig nie watter ander pogings aangewend is om Mowgli te vind nie, maar na ses dae het Daisy vreeslik te kere gegaan. Toe sy Rose na die opening van die myn geneem het, het Rose dadelik die Cornwall-brandweer gebel, maar dit was reeds te donker om iets te doen. 

Die volgende oggend het die reddingswerker Stephen Findlow by die myn aangekom en Mowgli gesien wat in die skag geval het. Die kat was moeg en honger maar ongedeerd. 

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.