Inspiration
Naudine Booyens ’n baken van hoop vir gestremdes─── 09:00 Wed, 29 Nov 2023

“Toegang tot geboue, klasse en eksamenlokale was soms uiters moeilik.”
Om amper lewenslank in ’n rolstoel te wees het verskeie uitdagings maar Naudine Booyens van Bloemfontein het besluit om vrede te maak met haar omstandighede. Sy praat met ons tydens Living Limitless in die OFM Familie Fokus.
Sy vertel dat dit soms steeds ’n liefdes-/haatverhouding is met haar rolstoel maar sy kry oneindig baie dinge vir haarself gedoen.
Sy is besig om haar BCom graad af te handel en sien uit daarna om nie meer sekere van die struikelblokke op kampus te hoef te hanteer nie. Dit is duidelik terwyl sy praat dat die geriewe nie altyd ingerig is vir iemand in ’n rolstoel nie. Toegang tot geboue, klasse en eksamenlokale was soms uiters moeilik. Ten spyte van die moeilike dae het sy positief gebly en bly sy op haar eie.