Inspiration
Feel Good Friday – Leeus in oorloggeteisterde lande kry nuwe tuiste─── 15:41 Fri, 15 Mar 2024

Ná ’n reis van meer as ’n duisend kilometer het hulle in Suid-Afrika aangekom.
Oorlog het ook ’n vernietigende invloed op wilde diere. Ongelooflike pogings word aangewend om dié diere ’n nuwe tuiste te bied.
In Oekraïne was twee leeus, wat in aanhouding gebore is, se kans op oorlewing skraal weens die oorlog met Rusland. Born Free, 'n liefdadigheidsorganisasie, het tot hul redding gekom. Ná ’n reis van meer as ’n duisend kilometer het hulle in Suid-Afrika aangekom.
Lees ook: Weird Wide Web – Kinders se huiswerk benadeel ouers se gesondheid
In Soedan is leeus by ’n diereskuiling net so gelos toe personeel vir hul eie veiligheid moes vlug. Baie diere het gevrek van die honger en siektes. Four Paws, ’n dierewelsynsorganisasie, het ingegryp en die oorblywende leeus is na Jordanië en Suid-Afrika vervoer. Hulle kry nou die nodige behandeling ná hul ontberings.
’n Helder Toekoms
Dit herinner ons hoe kwesbaar diere in oorloggeteisterde gebiede is. Danksy die organsisasies se toewyding kan hulle nou weer in ‘n veilige omgewing bly. Born Free en Four Paws aanvaar skenkings vir hul werk om diere in nood te red.