On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kinders se huiswerk benadeel ouers se gesondheid

───   15:19 Thu, 14 Mar 2024

Weird Wide Web – Kinders se huiswerk benadeel ouers se gesondheid  | News Article
Foto: odditycentral.com

“Sy het ’n pyn in haar bors gekry en gesukkel om asem te haal.”

Ouers in China word ernstig siek wanneer hulle hul kinders met huiswerk moet help. In Januarie het ‘n 40-jarige ma van Hangzhou een van haar seuns probeer help met sy wiskunde. Sy het haar vererg toe hy die wiskundeprobleem nie kon verstaan nie. Hierna het sy ’n verblindende hoofpyn gehad en begin opgooi. Sy het ‘n rukkie gaan rus maar haar toestand het nie verbeter en sy is in die hospitaal opgeneem.

‘n Skandering het getoon sy het ’n ligte beroete gehad wat deur langtermynstres veroorsaak word. Sulke voorvalle is kommerwekkend in die Chinese samelewing.

Lees ook: Conspiracy Corner – Could this man have discovered an alien insect?

In 2019 het ’n 36-jarige Chinese ma ’n hartaanval gekry toe sy haar seun met sy wiskunde probeer help het en in 2020 het ’n 45-jarige Chinese man ’n hartaanval gekry omdat hy so kwaad was omdat hy sy seun met sy huiswerk moes help. Gevalle van ouerstres met huiswerk kom nou algemeen in China voor.

Wiskunde is nie altyd maklik vir ouers om aan hul kinders te verduidelik nie. Foto: Pexels

Op 13 Januarie vanjaar het ’n 37-jarige vrou van Lianyungang wiskunde aan haar seun probeer verduidelik. Sy het woedend geword omdat hy nie verstaan nie en haar bloeddruk het skerp gestyg. Sy het ’n pyn in haar bors gekry en gesukkel om asem te haal. Toe dit weer gebeur het haar man ’n ambulans gebel.

Lees ook: Weird Wide Web – Amerikaanse biblioteek raak ‘katterig’

By die Lianyungang-hospitaal het hulle ontdek dat daar ’n skeur van 2 cm in haar aorta was. Sy is dadelik geopereer om die skeur te herstel.

Gesondheidskenners sê vroue ly konstant aan stres weens werk, huistake en groepsdruk en kinders se huiswerk is  ’n sneller vir hul stres.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.