On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday – Dierekliniek in Khayelitsha benodig geld vir hawelose diere

───   15:11 Fri, 12 Apr 2024

Feel Good Friday – Dierekliniek in Khayelitsha benodig geld vir hawelose diere | News Article
Galadinee gaan gehou word om hawelose diere in Khayelitsha te help. Foto: iol.co.za

““Ons jaarlikse onkoste is byna R15 miljoen en ons benodig al die ondersteuning wat ons kan kry.”

Die Mdzananda-dierekliniek in Khayelitsha hou later vandeesmaand ’n galadinee by die Durbanville Hills-wynplaas. Die doel is om geld in te samel vir diere in die omgewing, terwyl die gaste kan smul aan fynproewersgeregte. 

“Ons is baie opgewonde oor Dine with Dogs Gala Dinner wat ten doel het om die lewe van diere in Khayelitsha te verbeter,” sê Kelly Arendse, geleentheidsorganiseerder. 

Lees ook: Bloemfontein’s bridge of dreams will come to life with your help

"Gaste kan 'n heerlike maaltyd tafelwyn, vermaak en insiggewende praatjies verwag.” Die kliniek help maandeliks 1 500 siek, beseerde en hawelose diere in Khayelitsha.

Marcelle du Plessis, uitvoerende hoof van fondsinsameling en kommunikasie, sê die kliniek en sy skuiling bars uit sy nate en hulle benodig baie geld. “Ons jaarlikse onkoste is byna R15 miljoen en ons benodig al die ondersteuning wat ons kan kry om ons te help om die diere te versorg,,” sê Du Plessis.

Video: youtube.com/sabcnews

Die radiopersoonlikheid, Liezel van der Westhuizen, sal die seremoniemeester wees en vermaak sal verskaf word deur die komediant en buikspreker Conrad Koch. Isibane se Afrika-koor sal ook optree. Eksklusiewe items en ervarings van luukse wegbreekplekke tot unieke versamelstukke sal opgeveil word. 

Kaartjies vir die Gala-dinee en veiling is beskikbaar op Quicket teen R750 per persoon. Diegene wat dit dalk nie kan bywoon nie, kan skenkings aan die kliniek maak.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos na fund@mdzananda.co.za.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.