On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Inspiration

6 verwaaloosde leeus van Koeweit nou veilig in Vrystaat

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:44 Fri, 24 May 2024

6 verwaaloosde leeus van Koeweit nou veilig in Vrystaat | News Article
Foto: ADI

“Die diere word dikwels in afsondering en in wrede toestande aangehou soos om vasgeketting te word of om in kelders ingehok te word.”

Ses verwaarloosde leeus is in die Vrystaat vrygelaat nadat hulle die afgelope week in Suid-Afrika aangekom het. Hulle staan bekend as die Koeweit-ses  en is uit die Koeweit-dieretuin gered waar hulle onwettig aangehou is.

Die leeus het Donderdag (23/5) ‘n heenkome gevind by die toevlugsoord van Animal Defenders International (ADI) naby Windburg.

Een van die leeus wat nou in Winburg hervestig is. Foto: ADI

Die vier mannetjies, Muheeb, Saham, Shujaa, Saif, en twee wyfies, Dhubiya en Aziza, is almal weer gevang nadat hulle deur eienaars in die strate van Koeweit of die omliggende woestyn gelos is. Die jong leeus is deur personeel en vrywilligers van Koeweit-dieretuin gevang nadat hulle deur die owerheid in kennis gestel is.

Hulle is uit haglike omstandighede gered. Foto: ADI

Dhubiya en Saif, die jongste, is verlate en honger in die woestyn opgespoor. Hulle is almal jonger as twee jaar oud. Die reis vandat hulle aanvanklik die eerste keer aan boord van die vliegtuig geneem is, tot hulle eindelik veilig in Suid-Afrika aangekom het, het bykans drie weke geduur.

Dit is onwettig in Koeweit om leeus as troeteldiere aan te hou. Foto: ADI

In die Midde-Ooste word die besit van ’n leeu as ’n troeteldier dikwels beskou as ’n statussimbool, ten spyte daarvan dat dit onwettig is. Welpies word van hul ma geneem wanneer hulle nog “jonk en oulik” is.

Die diere word dikwels in afsondering en in wrede toestande aangehou soos om vasgeketting te word of om in kelders ingehok te word.

Die leeu voel tuis in die nuwe en veilige omgewing. Foto: ADI

Sodra hul eienaar vir hulle moeg is, word hierdie leeus, wat tot 20 jaar kan leef, weggegooi soos verouderde modebykomstighede, sê Jan Creamer, president van ADI.

"Eienaars besef gou die uitdagings om hierdie kragtige, duur-om-te-voer diere te onderhou, wie se natuurlike gedrag risiko's vir mense en eiendom kan inhou."

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.