On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Inspiration

Leerders skenk komberse, klere aan bewoners van Kimberley-stortingsterrein

───   CASEY-LEE ANTHONY 06:00 Fri, 14 Jun 2024

Leerders skenk komberse, klere aan bewoners van Kimberley-stortingsterrein  | News Article
Leerders skenk komberse, klere aan bewoners van Kimberley-stortingsterrein. Foto verskaf

“Daar is niks beter as om te deel in die vreugde en dankbaarheid van die mense nie. Dit maak ons leerders ook dankbaar en waarderend vir wat hulle het.”

Hoërskool Noord-Kaap se leerders het warm klere en komberse geskenk aan mense wat op stortingsterreine in Kimberley woon, nadat hulle die items ingesamel het by hul ouers en die publiek.

“Kimberley het baie koue weer ervaar; so ons het gedink dit sal ’n goeie idee wees om winterklere en komberse in te samel,” sê Debbie Smit, ’n onderwyseres en hoof van die Rotary Interact-klub. “Daar is ongeveer 150 of meer mense, onder wie vroue en kinders, wat in tydelike strukture op die munisipale afvalterrein in woon.”

Rotary Interact Club Members. Foto verskaf

Aangesien die winter vanjaar vinnig toegeslaan het, het dit baie minderbevoorregtes sonder die nodige middele gelaat om warm te bly. Leerders van die skool wil dus ’n bydrae lewer om die mense warm en gevoed te probeer kry. Die skool is voortdurend op soek na enige skenking, hetsy groot of klein, om ander in nood te help.

Voordat die span die uitreik na die munisipale vullisterrein onderneem het, het hulle komberse aan baie mense in parke en op straat geskenk. Hulle beplan ook om volgende kwartaal na die sopkombuis in Greenpoint, sowel as plaaslike ouetehuise te gaan.

Die mense wat die komberse ontvang het, was dankbaar om iets warms te hê om hulle gedurende die winter te help.

Kinders wat die klere gekry het. Foto verskaf

Die span skenk ook boeke aan die Kimberley-hospitaal se kindersaal, verskaf versorgingspakkette aan moeders by die Galeshewe-daghospitaal, ondersteun Kansa, skenk kos aan vroue- en kinderskuilings en help by sopkombuise.

“Daar is niks beter as om te deel in die vreugde en dankbaarheid van die mense nie. Dit maak ons leerders ook dankbaar en waarderend vir wat hulle het,” sê Smit.

Die publiek word aangemoedig om enige niebederfbare goedere by die skool af te laai om te help.

OFM-nuus/Casey-Lee Anthony mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.