On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Goeie skuld en slegte skuld: Het jy geweet daar is ’n verskil?

───   12:30 Wed, 10 Jun 2026

Goeie skuld en slegte skuld: Het jy geweet daar is ’n verskil? | News Article
Foto: Canva Edit

Van skuld vir jou huis tot skuld vir ’n kar, kredietkaartskuld of studieskuld ... waarvan moet jy so gou as moontlik ontslae raak?

Rudolph Geldenhuys, ’n finansiële beplanner, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor goeie en slegte skuld.
Hy stel voor ons begin by ons denke oor skuld wat ons moet regkry om die idee van die verskillende tipes skuld.

Goeie skuld word gekoppel aan ’n bate wat groei in waarde oor ’n tydperk (soos ’n eiendom). Slegte skuld is gekoppel aan geen bate (soos ’n kredietkaart), of ’n slegte bate wat waarde verloor (soos ’n voertuig).

Ons moet beplan en ’n bepaling doen rondom ons skuld, sodat ons in die eerste plek nie onnodig skuld maak nie. In die tweede plek moet ons so vinnig as moontlik ons slegte skuld probeer afbetaal sodat dit uit die pad uit kan kom.

Derdens moet jy altyd rente in gedagte hou, wat ’n groot rol gaan speel met enige skuld, goed of sleg. Goeie skuld is ook net goed as jy dit wel kan bekostig; veral as jy kyk na rentekoerse wat kan verander oor die tydperk waarvoor jy jou vasteken.

Wanneer jy moet kyk na slegte skuld, weens ’n spesifieke behoefte wat jy nie kan vermy nie, wees konserwatief in jou keuse en moet nie noodwendig die grootste, mooiste of modernste ding koop nie (soos ’n voertuig). Koop dit wat prakties die doel sal dien, en spaar eerder die res.

Op die onderwerp van huur en koop … Huur is ’n goeie opsie indien dit al is wat jy kan bekostig, en solank as wat dit ’n korttermynplan is. Op die langtermyn is koop altyd die beter opsie, sodat jy kan vporsiening maak vir jou oudag, en nie die spanning van daardiue uitgawe hê vir die res van jou lewe nie.

Watter skuld het jy, en is dit goed of sleg?

sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.