Inspiration
Wat is liefde vir jou?─── 12:00 Thu, 25 Jun 2026
Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein, raak vandag aan die hartsnare met haar gesprek met die onderwerp: Wat is Liefde?
Hoe jy liefde ervaar, kan heeltemal verskil van jou maat se behoeftes. As daardie "gee-en-neem"-verhouding nie gebalanseerd is nie, gaan een van die maats afgeskeep voel en nie geliefd voel nie.
Hoe jou ouers jou grootgemaak het om liefde te ervaar, kan 'n baie groot rol speel in jou verhouding eendag.
Madeleen gaan in diepte in op die filosofiese agtergrond van liefde, wat gekoppel is aan die emosies. Haar fokus is nie noodwendig die vyf liefdestale waarvan die meeste mense reeds weet nie.
Kennis en begrip oor wat liefde is, is dikwels deel van die onderbewussyn. Praat hardop daaroor en vra jouself wat liefde vir jou is; om die gedagte daarvan na die bewussyn te bring, nie net ter wille van jouself nie, maar ook ter wille van jou maat.
