Inspiration
Versekering vs Self verseker, watter item moet onder watter sambreel val?─── 11:00 Wed, 15 Jul 2026
Pulane Nel-Sekepe en Rudolph Geldenhuys gesels oor die voor en nadele van versekering, en wat kan gebeur as jy die verkeerde ding dalk nie verseker nie.
Iemand het dalk vir jou gesê jy het nie versekering nodig nie, jy moet net jou eie spaarvarkie vet genoeg maak om alle onbeplande skade of verliese self te dek of te vervang.
Maar hoe gemaak as jou huis skielik afbrand of onder water is na 'n vloed … het jy werklik die vervangingswaarde in kontant gereed om te verhoed dat jy nie dakloos gelaat word nie?
Rudolph verduidelik dit is wel moontlik, en soms selfs wys, om iets kleins “self te verseker” deur maandeliks vir dit te spaar, soos in die geval van ’n nie te duur selfoon of dalk ’n rekenaar. Om ’n maandlikse premie laag te hou deur nie te veel goed op jou versekering te laai nie, kan tot jou maandelikse kontantvloei-voordeel wees.
Hy bring wel die fokus terug na hoe groot bedrae vir iets soos ‘n huis of ‘n kar, jou in die knyp kan laat as iets onverwags gebeur, en jy nie geldelik gereed is om daardie skade of verlies te hanteer nie.
Self spaar is altyd voordelig, maar versekering kan jou uit ’n diep gat red wanneer jy nie self die verlies of skade kan bekostig nie.
