On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Werkslaaf met vakansie … hoe nou gemaak?

───   11:00 Thu, 09 Jul 2026

Werkslaaf met vakansie … hoe nou gemaak? | News Article

Hoe gemaak as jou maat aanhou werk wanneer julle met vakansie gaan?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein, verduidelik hoe belangrik dit is dat jy nie aanvallend moet wees as jy met jou maat daaroor praat nie. Maak ’n voorstel met die doel om te help.

Mense wat gedurig werk op vakansies is gewoonlik vasgevang in ’n werkgroef. Al is dit hul sterkpunt, kan dit iets wees waaroor hulle later spyt gaan wees wanner hulle besef hoevee hulle misgeloop het in verhoudings en in gehaltetyd saam met hul maat of die kinders.

Pulane self vertel vir ons hoe sy op ’n vakansie so in die werkgroef vasgevang was dat dit hul vakansie tot ’n mate bederf het. Haar raad is die een wat so vasgevang kan word in werk, moet werklik vooruit beplan en dinge vroegtydig in plek moet kry om die vakansie te geniet.

Delegeer werk, bespreek dit met kliënte, en berei jou eie gemoed geestelik en liggaamlik voor vir ’n blaaskans, ’n geleentheid om te rus en gehaltetyd saam met jou maat te geniet.

sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.