On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Opvolgvraag oor intimiteit neem ’n interessante wending

───   11:00 Thu, 30 Jul 2026

Opvolgvraag oor intimiteit neem ’n interessante wending | News Article

Die raad is gevolg, hulle het gepraat en 'n middeweg gevind, maar hoe gemaak as een van die maats nie by die beplanning wil hou nie?

Na die vorige gesprek met Madeleen Steenkamp het ’n luisteraar dié vraag gevra. Pulane en Madeleen se gesprek neem 'n dieper draai, waar hul ’n bietjie gesels oor fetisj en hoe om dit te hanteer.

Om te veel intimiteit van jou maat te verwag, kan amper vir daardie maat voel asof hulle gedwing word om te eet, waar jou bord vol kos bly en jy moet aanhou eet. Al is dit lekker kos, is jy versadig en raak dit ongemaklik en selfs onmoontlik om aan te hou eet.


Vir die een wat meer intimiteit benodig, kan ’n nee soos verwerping voel. Hierdie gesprek moet met respek buite die bed gevoer kan word met jou maat, en julle moet saamwerk.

Madeleen neem die praatjie dan ook verder, om die belangrikheid van kommunikasie rondom ’n behoefte te beklemtoon, deur te praat oor een se fetisj. Elkeen moet tyd gegun word om daaroor te dink en self te besluit. Maar om iemand in iets in te forseer kan lelike nagevolge hê, wat ’n mens nie noodwendig kan verwag nie.


Dit kan egter ook lei tot ’n vreugde wat jul as paartjie nie geweet het moontlik is nie.  sm


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.