Inspiration
Hoeveel verskil jou behoeftes van jou maat s’n?─── 11:00 Thu, 13 Aug 2026
Pulane Nel-Sekepe deel ’n brokkie uit haar eie verhouding met ons oor hoe haar en haar man se behoeftes verskil, en vra Madeleen Steenskamp se raad.
Madeleen verduidelik mooi dat ‘spesies’ verskil, en as ons kan aanvaar dat ’n hond wil gaan stap, maar ’n kat wil nie, dan moet ons vrede maak dat mans en vrouens se behoeftes in die verhouding ook gaan verskil. Dit gaan eindelik oor saamwerk en opoffering om mekaar gelukkig te hou.
Manlief het dalk sy spasie nodig om iets alleen te doen– dit is hoe hy geskape is as jy kyk na hoe mans eeue gelede alleen moes uitgaan veld toe om te jag.
Vroulief het ’n behoefte om meer dinge saam met manlief te doen, wat presies die teenoorgestelde is … hoe vind julle daardie middeweg?
Dit is altyd goed om neer te skryf wat jou en jou maat se behoeftes is. Bespreek dit, en besluit saam wie sien waar kans vir wat, sodat julle nie altyd net doen wat een wil doen nie, maar tyd en moeite sal insit om te doen wat die ander een ook wil doen.
Goeie kommunikasie is die beste oplossing om mee te begin. Praat met jou maat en vind ’n middeweg wat julle albei gelukkig maak.
sm
