Inspiration
Is daar ’n derde party in jul verhouding?─── 11:00 Thu, 06 Aug 2026
Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor wie en wat alles as ’n derde party kan indring in jou verhouding. Dit is nie noodwending ’n verneukstorie nie.
Die jmanier waarop jy hierdie tipe probleem gana hanteer, gaan ’n groot uitwerking hê op hoe jou maat gaan reageer, asook op die resultaat van jul gesprek.
Madeleen verduidelik mooi hoe, net soos in ’n boerdery, die grond verwerk en voorberei moet word voordat jy kan plant. Net so is die manier waarop jy jou maat eerder “vra” as “sê” die voorbereiding wat nodig is wanneer jy oor so ’n probleem gesels.
Dit bly belangrik dat jy nie met jou maat praat asof jy die ouer en hy of sy die kind is nie. Julle is spanmaats, en jy is ’n “getuie” van jou maat se lewe. Dit is iets wat julle saam moet uitwerk.
Dankbaarheid en erkenning moet ook nooit vergeet word wanneer die maat wel die moeite doen om veranderinge en verbeteringe aan te bring volgens jou versoek nie.
sm
