Inspiration
Kansa skep veilige ruimte vir jong kankerpasiënte en hul gesinne─── 09:00 Wed, 02 Sep 2026
’n Kankerdiagnose is vir enige jong mens lewensveranderend: Benewens die fisiese uitdagings, is daar ook groot emosionele en praktiese behoeftes.
Jong mense wat met kanker gediagnoseer word, beleef unieke uitdagings – nie net medies nie, maar ook emosioneel en sosiaal. Om hierdie pasiënte beter te ondersteun het Kansa TLC (Tough Living with Cancer) hul tweede spesiale AYA-kamer (Adolescents and Young Adults) by die Kansa Olea Katleho Care Home in Bloemfontein geopen.
Die ruimte is spesifiek ontwerp vir tieners en jong volwassenes tot 24 jaar, met die doel om ’n warmer, meer gepaste omgewing te skep waar hulle tydens behandeling gemaklik, ondersteun en gerespekteer kan voel. Die kamer ’n studeerhoekie in sodat jong pasiënte met hul studies of skoolwerk kan voortgaan, asook ’n meer privaat ruimte vir rus en gesprekke.
Vir jong mense kan ’n kankerdiagnose ’n tyd van groot verandering wees – terwyl hulle besig is om hul onafhanklikheid, identiteit, verhoudings en toekomsplanne te ontwikkel. Daarom is ondersteuning wat verder as net mediese behandeling strek, so belangrik.

Foto: Kansa
In hierdie gesprek met Yolanda Maartens en Anina Meiring, dienstebestuurder: Kansa TLC, word daar gekyk na die belangrikheid van hierdie nuwe ruimte, die ondersteuning wat dit bied, en hoe Kansa TLC probeer om jong kankerpasiënte en hul families deur ’n moeilike tyd te help.
sm
