On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Welkom-verdagtes gevonnis vir poging tot moord op polisieman, meisie

───   15:53 Wed, 13 Dec 2023

Welkom-verdagtes gevonnis vir poging tot moord op polisieman, meisie | News Article

“Hulle het op die bakkie geskiet en albei is meermale raakgeskiet. Die polisiebeampte kon een van die beskuldigdes identifiseer.”

Drie mans van Welkom is skuldig bevind aan poging tot moord op ’n polisieluitenant en sy vriendin.

Lefu Joseph Maluleka (40), Mokapanyane Jacob Sello (40) en Tshepo Ramokheti (33) is Maandag (11/12) in die Welkom-streekhof gevonnis tot tien jaar tronkstraf elk op twee aanklagte van poging tot moord, sê Fikiswa Matoti, Vrystaatse Valke-woordvoerder.

‘Die polisieman en sy vriendin kon vlug’

In Junie 2020 was ’n polisiebeampte en sy vriendin op die Constantia-pad in Thabong in ’n wit Nissan-bakkie onderweg toe hulle deur die beskuldigdes aangeval is. “Hulle het op die bakkie geskiet en albei is meermale raakgeskiet. Die polisiebeampte kon een van die beskuldigdes identifiseer.”

Die polisieman en sy vriendin kon vlug en na die Thabong-polisiekantoor ry, waar ’n ambulans ontbied is. Die bakkie waarin hulle gereis het, het twaalf koeëlgate gehad.

“Die saak is na die Valke in Welkom verwys, wat die verdagtes opgespoor en in hegtenis geneem het,” het Matoti gesê.

 OFM Nuus cg/dg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.