National
Vervalste kwalifikasies groot probleem onder onnies─── 16:39 Thu, 19 Apr 2012

Vervalste kwalifikasies onder onderwysers kan buite beheer raak indien daar nie dringend ingegryp word nie. Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders - SACE - het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor basiese onderwys gesê ongekwalifiseerde mense is desperaat om dié beroep te betree. SACE se uitvoerende hoof, Matshidiso Dipolo sê hulle is besig om 'n swartlys van reeksoortreders saam te stel.
SAUK