On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

National

Lady Gaga kom SA toe

───   09:30 Mon, 18 Jun 2012

Lady Gaga kom SA toe | News Article

Johannesburg - Die omstrede en eksentrieke sangeres Lady Gaga sal later vanjaar haar Suid-Afrikaanse aanhangers vermaak, het 5FM pas aangekondig.

Die radiostasie, in samewerking met Big Concerts en M-Net, bring dié ster na Suid-Afrika se verhoë.

Lady Gaga is op 30 November in die Soccer City-kompleks by die ENB-stadion in Johannesburg te sien. Op 3 Desember is dit die Kapenaars se beurt in die Groenpunt-stadion.

Kaartjies is vanaf môreoggend om 09:00 op Computicket.com te koop.

Sitplek-kaartjies begin by R315 en staan-kaartjies is vanaf R715 beskikbaar, het Big Concerts in ‘n verklaring gesê.

The Darkness en Lady Starlight sal die spesiale gaste tydens die toer wees.

Besoek www.ladygaga.com vir meer inligting oor die toer.

Sapa
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.