National
Radio-omproeper dood in sy huis aangetref─── 14:26 Wed, 27 Feb 2013

Die voormalige 5FM-radio-omroeper Phil Wright is dood in sy huis aangetref, het Times Live berig.
Duisende boodskappe oor Wright se dood is Woensdagoggend op sosiale netwerke gedeel.
Geen amptelike rede vir Wright se dood is al bekend gemaak nie, maar sy voormalige kollega, Brian Oxley, het Woensdagoggend aan 567 CapeTalk gesê dat hy in sy badkamer gegly het en sy nek gebreek het.
“Dit is met die uiterste hartseer dat ek binne die laaste uur ingelig is dat my 'broer', Phil Wright, dood in sy huis aangetref is. Woorde ontgaan my. Rus in vrede, my broer,” het Vas op sy South African Music Collectibles-blad op Facebook geskryf.
Wright was bekend vir sy baanbrekerswerk op radio. Hy het begin werk as klankingenieur vir Radio RSA, waarna hy ‘n aanbieder en vervaardiger by Capitol Radio geword het.
Hy is ook bekend vir sy werk as aanbieder op 5FM, waar hy verskeie programme saam met Alex Jay, Ian F, Derek Richardson en Barney Simon aangebied het.
Wright het ook vir die televisieprogram Top Billing as ‘n stemkunstenaar gewerk.
Nuus24