On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Laurika
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

National

Vyf op Bothaville-plaas dood weens vergiftiging

───   16:30 Mon, 02 Dec 2013

Vyf op Bothaville-plaas dood weens vergiftiging | News Article
Bothaville - Vyf familielede is vanoggend dood aangetref op 'n plaas naby Bothaville. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die oorledenes is blykbaar dood weens gif wat hulle deur kos ingekry het.
 
'n Egpaar, twee van hul kinders asook die vrou se suster is dood in die huis aangetref nadat die bure die polisie ontbied het.
 
Die bure was bekommerd nadat die familie onophoudelik gevomeer het. Twee kinders, albei jonger as 10 jaar, het nog geleef en is na die Nala-hospitaal geneem.
 
Thakeng sê gif is in potte kos gevind. Die ma en pa het blykbaar Vrydag baklei oor 'n 30-jarige man wat met die vrou se 16-jarige suster gemeenskap wou hê. 'n Moorddossier is geopen.
 
Berig van Sapa
 
 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.