On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

OFM se nuusspan praat met Bloemfonteiners na Madiba se afsterwe

───   04:20 Fri, 06 Dec 2013

OFM se nuusspan praat met Bloemfonteiners na Madiba se afsterwe | News Article
Duane Petrus
Bloemfontein - Vlae in Suid-Afrika en ander dele van die wêreld hang vanoggend halfstok na die afsterwe van oudpresident Nelson Mandela.
 
President Jacob Zuma het kort voor middernag aangekondig dat Madiba gisteraand om tien voor nege by sy huis in Houghton oorlede is. Zuma het ook 'n routydperk vir die land aangekondig.
 
Alle vlae sal van vandag af halfstok hang tot na Madiba se staatsbegrafnis.
 
Madiba was vroeër vanjaar vir bykans drie maande lank in die Harthospitaal in Pretoria met 'n longinfeksie.
 
Hy is in September ontslaan en het sedertdien mediese behandeling by sy huis ontvang.
 
Zuma het ook sy meegevoel betuig met die Mandelafamilie en gesê die hele land rou saam met hulle.

Die premier van die Wes-Kaap en leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, sê die grootste hulde wat Suid-Afrikaners aan Madiba kan bring is om sy gees van eenheid te omhels.

Die Anglikaanse Aartsbiskop, Thabo Mokgoba, sê hy is geskok en hartseer oor Madiba se dood.

Intussen het die OFM Nuus-span Bloemfontein se strate ingevaar en met mense, kort na 01h00 vanoggend gepraat oor dié donker dag in die geskiedenis van Suid-Afrika. Duane Petrus het die besonderhede.


Podcasts

Duane Petrus:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.