On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

National

Gareth Cliff verlaat 5FM ná tien jaar

───   09:06 Mon, 31 Mar 2014

Gareth Cliff verlaat 5FM ná tien jaar | News Article
Johannesburg - Die bekende en uitgesproke radio-omroeper, Gareth Cliff, het Maandagoggend sy laaste ontbytprogram by 5FM aangebied.

Die radiostasie het bekend gemaak dat Cliff die stasie aan die einde van Maart gaan verlaat ná 'n tien jaar lange “buitengewone reis”.

Tim Zunckel, die stasie se programbestuurder, het gesê Cliff verlaat die stasie om geleenthede in sy privaat hoedanigheid na te streef. “5FM waardeer Gareth se ongelooflike werksetiek, sy toewyding aan die luisteraars en die 5FM-handelsmerk. Ons bedank Gareth vir sy buitegewone tien jaar se teenwoordigheid op die lug en wens hom die beste vir sy toekoms.”

“Ek het 'n ongelooflike dekade saam met my span by 5FM gehad, en ek het elke oomblik geniet. Die reis was onvergeetlik maar ek is opgewonde oor die toekoms,” het Cliff gesê.

Verklaring 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.