On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

MRK-verhoor weer verwelkom ná plaasaanvalle

───   16:51 Mon, 07 Jul 2014

MRK-verhoor weer verwelkom ná plaasaanvalle | News Article
Dirk Kok
 
Bloemfontein - Die Menseregtekommissie se onderneming om 'n openbare verhoor oor onder meer plaasaanvalle te hou, is vandag weer uit verskillende oorde verwelkom nadat ’n boer van Groblersdal in Limpopo, Rudolf Pretorius, vanoggend in ’n plaasaanval doodgeskiet is en ’n boer van Reitz, André van Greunen, gister twee keer deur gewapende aanvallers op sy plaas raakgeskiet is.
 
AfriForum se Ian Cameron sê Groblersdal is die laaste vier weke deur minstens ses plaasaanvalle én die moord op Pretorius geruk.
 
Die TLU se Henry Geldenhuys sê daar is vanjaar reeds 30 mense in 124 plaasaanvalle in die land vermoor. Plaasaanvalle neem toe.
 
AfriForum, die TLU asook die DA en die VF+ in die Vrystaat het almal gesê die MRK se verhore oor plattelandse veiligheid en plaasaanvalle moet spoedig en deeglik gehou word, vir die verbeterde beveiliging van plattelandse inwoners.
 
Cameron sê een van die grootste probleme is polisiekantore op die platteland wat nie behoorlik ondersteun en toegerus word nie.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.