On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Pikkewyneiers kry voete

───   09:32 Sun, 15 May 2016

Pikkewyneiers kry voete | News Article

Kaapstad - Bewaringsowerhede krap kop oor ’n groeiende tendens dat eiers van die bedreigde Afrika-pikkewyn gesteel word.

Netwerk24 berig die stad Kaapstad se mariene eenheid het die afgelope week ’n 30-jarige man van Glencairn betrap wat twee eiers wou verkoop.

Die eiers is by die Boulders- pikkewynkolonie aan die kus van Simonstad gesteel. Daar word vermoed dat die eiers aan versamelaars verkoop word of selfs geëet word.

Francois Louw, woordvoerder van die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls (Sankub), sê die Afrika-pikkewyn, wat in 2010 as bedreigd geklassifiseer is, is een van Suid-Afrika se mees ikoniese spesies.

Die eiers kan nie kunsmatig uitgebroei word sonder baie gespesialiseerde en duur inkubasietoerusting nie.

Netwerk24

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.