On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

National

Gupta se rykdom is skokkend - Save SA

───   06:55 Mon, 12 Dec 2016

Gupta se rykdom is skokkend - Save SA | News Article
Atul Gupta (Gallo Images)

Kaapstad - Atul Gupta se massiewe rykdom is skokkend en ontstellend.


Dit is die reaksie van die groep SaveSouth africa, nadat die bekend geword het die Gupta-familielid is onder die top 10 rykste swart mense in Suid-Afrika.

News24 berig Save South Africa glo dit is ontstellend dat een man so vinnig so ryk on word, veral in die lig van die familie se berugtheid en beweringe van korrupsie en staatskaping.

Gupta is die naweek aangewys as die tiende rykste swart man, met 'n geraamde persoonlike fortuin van R10 miljard.

Hy is een van 35 swart mense op die lys van 200 supperrykes, en volgens Save South africa is dit duidelik dat daar 'n afname is van swart eienaarskap van ondernemings onder die leierskap van President Jacob Zuma is. 

Hulle beweer hy fasiliteer doelbewus die Guptas se ekonomiese aktiwiteite, terwyl swart bemagtiging in die slag bly.


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.