National
Jongmense tussen 20 en 39 veroorsaak meeste ongelukke─── MARK STEENBOK 14:35 Mon, 19 Jun 2017

Bloemfontein - Meer as die helfte van padongelukke in Suid-Afrika word deur jongmense tussen die ouderdomme van 20 en 39 veroorsaak.
Die Padverkeerbestuurskorporasie se Simon Zwane sê verlede jaar het 6 047 mense in dié ouderdomsgroep in padongelukke omgekom - waarvan 1 790 bestuurders was en 2 090 pasassiers was. Zwane sê 80 persent van hierdie ongelukke is deur menslike faktore veroorsaak en kon vermy gewees het. Zwane het ‘n beroep op jongmense gedoen om ‘n meer pro-aktiewe rol in die voorkoming van ongelukke te speel.
“Dit is jeugmaand, en die jeug kan hierdie maand ‘n belofte aan hulself doen om hul gedrag op ons paaie te verbeter. As hulle dit kan doen, kan ons land teen 2020 padsterftes met 50% verminder. Hou op vinnig ry en hou op onder die invloed van drank bestuur,” sê Zwane.
OFM-nuus