On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

National

Manto was "onselfsugtig" - Zuma

───   17:12 Tue, 22 Dec 2009

Manto was "onselfsugtig" - Zuma | News Article

Voormalige minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, was onselfsugtig en het min plesier in haar lewe ervaar. Dit was die woorde van president Jacob Zuma by haar spesiale amptelike begrafnis vandag. Hy sê sy bly een van Suid-Afrika se onbetwyfelde struggle-helde wat haar lewe aan die ideaal van 'n vrye en demokratiese land gewy het. Hy het haar beskryf as iemand wat omgee en intellektueel bekwaam is. Tshabalala-Msimang is ook geloof vir die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Intussen vra die ANC Jeugliga in Mamelodi, oos van Pretoria, dat 5fm-omroeper Gareth Cliff van die lug af gehaal word na negatiewe uitlatings oor Tshabalala-Msimang se dood op sosiale netwerk Twitter. Die leier van die Christelike Demokratiese Party en waarnemende voorsitter van die Christelike Demokratiese Alliansie, Theunis Botha, sê ook haar se tekortkominge as minister is by haar roudiens geïgnoreer en sy is net as 'n struggle-held vereer. Hy sê "honderde duisende mense is dood as gevolg van haar blatante verontagsaming van moderne wetenskaplike feite".

Sapa

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.