National
Verkeer baie swaar op Suid Afrikaanse paaie─── 16:32 Fri, 22 Apr 2011

Sowat 2 560 motors ry deur die De Hoek Plaza op die N3 per uur wat erge vertragings vir vakansiegangers veroorsaak. Die Paasvakansie se verkeer het sedert vanoggend begin optel en motoriste verwag dat daar ‘n tekort aan petrol by sekere vulstasies sal wees. Groot vertragings is ook vanoggend by die Lebombo-grenspos na Mosambiek ondervind waar voertuie in 'n stadium tot 15 kilometer ver op die N4 gewag het om deur te gaan. Die vertragings is ten spyte daarvan dat die grenspos, asook die hoof-deurgang by Oshoek na Swaziland, tydens die Paasnaweek 24-uur lank oop is. 'n Rukkie gelede is tot twee duisend voertuie per uur by Middelburg se tolhek getel wat na die Laeveld oppad is. In die teenoorgestelde rigting beweeg een duisend voertuie per uur na Gauteng.
News24